Euphorbia Onafhanklike Christelike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike Skool is gesetel in die dorp Naboomspruit, ongeveer 150km van Pretoria af en het sy ontstaan in 2004 gehad nadat die behoefte by ‘n groep ouers ontstaan het om ‘n alternatief vir staatsonderrig daar te stel. Ons het in 2004 begin met ongeveer 25 kinders in ons voorskoolse afdeling en nege kinders in Graad 1 en 2 gekombineerd. Ons het tans 95 leerders in Graad 1 – 7 en 40 kinders in ons voorskoolse afdeling. Ons het in 2007 ons nuwe skoolgeboue betrek nadat ons vir drie jaar drie woonstelle gehuur het. Die nuwe skoolgeboue word deur ‘n ouer van die skool gefinansier. Die eerste twee fases is reeds voltooi en bestaan uit: 11 klaskamers, badkamers, ‘n administratiewe blok en ‘n saal. Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool is ‘n Afrikaanse Christen skool en kleuterontwikkelingsentrum waarbinne die Afrikanerkultuur uitgeleef word. Ons wil graag ons kinders toerus om die nuwe Suid-Afrika tegemoet te gaan. Leerders word aangemoedig om aan alle aktiwiteite deel te neem, in ‘n poging om hulle tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel. Hoë akademiese standaarde is ononderhandelbaar. Die skool is ‘n Artikel 21 – Maatskappy, ouergedrewe skool wat geen subsidie van die staat ontvang nie. Die ouers van die skool neem die volle verantwoordelikheid vir alle finansiële verpligtinge. In ‘n poging om ons skoolfonds so laag as moontlik te hou, steun ons baie hard op fondsinsamelings reg deur die jaar, wat dan die skoolfonds subsidieer. Die fondsinsamelings word dus slegs vir die bedryfskoste van die skool aangewend. |