Aansoek om toelating van leerder en keuring as ouer, tot Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool

Skoolgeld:

Registrasiegeld betaalbaar voor of op die eerste skooldag = R950.

Jaargeld: Gr 1 - 7 = R10 450,00 (Gr 1 - 3 Audiblox ingesluit)

Maandgeld: Gr 1 - 7 (R950 x 11 maande (Gr 1 - 3 Audiblox ingesluit)

Indien die maandgeld nie eenmalig vooruit betaal word nie, moet die ooreenkoms om skoolgeld te betaal ook voltooi word. (Kliek hier vir die ooreenkoms om skoolgeld te betaal. Dit maak in 'n addisionele venster oop)

Ek verklaar: 

1. DAT ek/ons bewus is daarvan dat enige reëlings, soos in die Ooreenkoms om betaling van skoolgeld voorgestel, binne die uitsluitlike diskresie van die Direksie lê om dit te aanvaar en lê ek/ons my/ons ook neer by enige ander of verdere voorwaardes of vereistes deur hulle gestel.

2. DAT my/ons en die Leerder se aandag daarop gevestig word dat ek/ons ten alle relevante tye alle redelike stappe sal neem om te verseker dat die betrokke leerder alle bepalings van, 

(a) die Toelatjngsbeleid & Beleidsdokumente van die Skool; ,

(b) die Gedragskode van die Skool waaraan die Leerders regtens gebonde is; en

(c) die verklaring/ondememing en toestemming aan die einde van die aansoek;

(d) skoolreéls asook departementele regulasies uitgereik of uitgereik te word ten opsigte van die skool, stiptelik nakom of aan voldoen.

(DOKUMENTE TER INSAE BESKIKBAAR BY DIE DIREKTEURE OP VERSOEK),

3. DAT al die inligting deur my/ons in hierdie aansoekvorm verskaf, en alle dokumentasie deur my/ons by die aansoek aangeheg, na my/ons beste wete volledig en korrek is.

4.  DAT ek/ons begryp en aanvaar dat toelating van die betrokke leerder onderworpe is aan die bindende ondernemings deur my/ons hierin.

5. DAT ek/ons die skool skriftelik en binne 14 dae in kennis sal stel, indien my/ons adres sou verander

6. DAT ek/ons die skool onverwyld skriftelik in kennis sal stel van enige aansteeklike siekte van die leerder of ‘n ander persoon in die huishouding waarvan ek deel is.

7. OM die hoof onverwyld in kennis te ste! indien die leerder afwesig sou wees van die skool, of indien enige wesenlike feit wat die skoolbywoning van die leerder raak, intree.

8. DAT ek/ons alle redelike stappe sal neem en die nodige ondersteuning aan die leerder(s) voorsien om te verseker dat die betrokke leerder(s) die skool stiptelik bywoon op die dae en tye wat hiervoor bepaal is.(bv. vervoer).

9. DAT ek/ons die leerder uit die skool sal neem indien toelating op grond van ‘n wesenlike wanvoorstelling verkry is of indien voorlopige toelating nie bekragtig word nie, of wanneer skoolgelde nie betaal is nie.

10. DAT ek/ons as ouer(s)/voog(de) verantwoordelikheid sal aanvaar vir die "L.O.M." (Leerder-ondersteuningsmateriaal) en/of sportuitrusting wat aan die leerder uitgereik is. Ek/ons onderneem persoonlik om hierdie materiaal en/of sportuitrusting in goeie toestand aan

die einde van die akademiese jaar aan die skool terug te besorg. In geval van verlore materiaal of uitrusting ondemeem ek om dit op eie koste te vervang of die skool daarvoor te vergoed. 

11. DAT ek/ons die leerder, op eie koste, sal voorsien van die nodige skool- en of sportdrag, wanneer vereis, binne twee weke na aanvang van die nuwe skooljaar en is ek bewus dat ek/ons enige skool- en/of sportdrag wat ek/ons aangekoop het, maar wat te klein, of in

onbruik sou raak aan die skool se klerebank kan skenk. Skool- en sportuitrustings mag onder geen omstandighede deur nie-lede van die skool of maatskappy gedra of besit word nie.

12. Ek/ons verleen onherroeplik toestemming dat die leerder aan al die goedgekeurde skool- en buitemuurse aktiwiteite van die skool, insluitende toere en uitstappies van opvoedkundige aard, mag deelneem. Ek vrywaar die skool en /of enige persoon van enige eis wat ek/ die

leerder mag verkry voortspruitend uit enige skool en sportaktiwiteit, hetsy voortspruitend uit die vervoer van die leerder of my/onsself, en/ of deelname, of op enige ander wyse opgedoen, ingesluit verlies of besering. Die vrywaring is nie van toepassing waar die skool se

versekering en / of enige ander persoon / instansie se versekering die eis dek nie, en sal ek/ons slegs geregtig wees om teen hierdie versekering te eis en nie teen die skool en /of die ander persoon nie. Ek/ ons/ die leerder is vertroud met die gevolge van hierdie afstanddoening.

13. Ek/Ons onderneem om die skool ten minste twee (2) kalendermaande kennis te gee van enige voormeme om die leerder uit die skool te neem. Indien kennis gegee word in die laaste

kwartaal, sal die volle skoolgelde vir die jaar steeds betaalbaar wes. Indien versuim word om tydig kennis te gee, sal ek/ons aanspreeklik wees vir drie maande se skoolfooie.

14. Met die ondertekening hiervan erken ek/ons dat ek die voorwaardes hierin uiteengesit verstaan en dit aanvaar.

Met die elektroniese aanbied van hierdie vorm deur SUBMIT hieronder te kliek, verstaan ek dat dit dieselfde effek en gevolge as my handtekening het. 

Besonderhede van leerder
Besonderhede van ouers/voogde
Besonderhede van naasbestaande 1 wat nie by u inwoon nie
Besonderhede van naasbestaande 2 wat nie by u inwoon nie
Nuwe aansoeke moet vergesel wees van die volgende dokumentasie wat u kan aftas (scan) en as lêers hierby aanheg
Kantoorgebruik
Type the characters you see in this picture. (verify using audio)
Type the characters you see in the picture above; if you can't read them, submit the form and a new image will be generated. Not case sensitive.